Personal insurance
Agricultural insurance
Commercial insurance
Financial planning
Crop insurance
Medical insurance
Funeral policie
Travel insurance

Certisure | Die produsent se oesversekeringsvennoot

  • 13 January 2023
  • 393
  •  
  •  
  •  nuus



Certisure se oesversekeringsaanbod

Certisure bied haelversekering, wat onder meer hael-, brand-, ryp-, sprinkaan- en transitodekking insluit, , vir beide somer-en wintergewasse aan.

  • Dekking tree in werking sewe dae na die aanvaarding en ondertekening van die kwotasie. Om hierdie rede moet produsente hul oeste vroegtydig verseker (beplanningspolis).
  • Die koste van die versekering bly dieselfde, ongeag die tydperk waarvoor die dekking verleen word – dit is daarom voordelig om hierdie versekering so vroeg as moontlik uit te neem.

Die volgende oorwegings moet in ag geneem word wanneer ʼn produsent vir hierdie versekering wil aansoek doen:

  • Jou gekose dekking kan enige tyd verhoog word. Certisure verstaan dat produsente hul insette optimaal wil bestuur, en daarom maak hierdie versekeringsproduk dit moontlik om dekking te verhoog namate die produsent se opbrengspotensiaal of prys/ton styg. Dit is belangrik om daarop te let dat die dekking nie verlaag kan word nie.
  • Geen verlies as gevolg van die daling of styging in markpryse word gewaarborg of gedek nie.
  • Gevolglike- of sekondêre- skade en vertraging in groei as gevolg van ‘n versekerde gevaar word nie gedek nie.
  • Brandstigting deur die versekerde, sy familie of sy werkers word nie gedek nie.

Die staking van dekking is onderhewig aan die volgende faktore:

Hael

  • Sojabone: staak 31 Mei of sodra spontane oopspring van die peule plaasvind, welke die eerste.
  • Droëbone en grondbone: staak 30 Junie of na verloop van 14 dae na optrek, of sodra die oes van die land verwyder is, welke die eerste.
  • Alle ander gewasse (mielies en sonneblom): staak 30 Junie.

Brand

  • Sonneblom, sojabone, droëbone en grondbone: staak 31 Mei.
  • Graansorghum: staak 30 Junie.
  • Mielies: staak 31 Augustus.

Transito

  • Sodra die oes gelewer is, of:
    - 30 dae na versekerde oes ingesamel is.
    - Sodra die oes verder as 100 kilometer van die plaas waarop dit geproduseer is, vervoer is.

    Rypskade

  • Mielies, graansorghum, sonneblom en sojabone: staak 31 Maart.
  • Indien daar skade plaasgevind het voor die aanvang van dekking, moet die versekeraar eers ‘n voorversekeringstaksasie doen.
  • Waar versekerde gevare ondervind word alvorens die aanvang van dekking, en die versekerde verklaar dit nie aan die versekeraar nie, verbeur die versekerde die reg om te eis vir die skade veroorsaak deur die onverklaarde gevare. Die versekerde is aanspreeklik vir die betaling van die premie.
  • Sasria-dekking word op die polisse aangebied.

Derhalwe die keuse wat die kliënt het om deur middel van prys en opbrengs self sy versekeringskoste te kan bepaal, kan hy/sy ook self besluit hoeveel van die risiko hy/sy bereid is om self te dra. Hoe groter die keuse van bybetaling is, hoe minder sal die koste/ha van die versekering wees, maar hoe groter die risiko wat die produsent self dra.

Bybetalings

In die geval van ʼn eis sal die versekerde ʼn persentasie van die versekerde waarde self dra, soos aangedui op die polisskedule.

Die volgende berekening dien as ʼn voorbeeld:

Bybetaling per land = 5% en ʼn skadepersentasie van 4% | geen eis sal vergoed word nie.

Bybetaling per land = 5% en ʼn skadepersentasie van 9% | eis sal teen 4% vergoed word.

Indien die strategie sou wees om die maksimum dekking te verkry, sal die produsent van ʼn vrystellingsopsie in plaas van ʼn bybetalingsopsie moet gebruik maak. Hierdie opsie minimaliseer die produsent se risiko. Die vrystellingsopsie is wel duurder, maar dit bied die beste dekking.

Vrystelling

Waar die getakseerde skadepersentasie die vrystellingspersentasie, soos gespesifiseer in die polisskedule, oorskry word die volle persentasieskade vergoed.

Die volgende berekening dien as ʼn voorbeeld:

Vrystelling per land = 5% en skadepersentasie van 5% | geen eis sal vergoed word nie.

 Vrystelling per land = 5% en skadepersentasie van 6% en hoër |: eis sal vergoed word op volle 6% skade (of meer afhangende van die skadepersentasie).

 

Hoe werk die eiseprosedure?

Rapporteer die skade dadelik by jou Certisure-makelaar, waarna die taksateur jou sal skakel vir ‘n afspaak vir die taksasie van die skade. Die versekerde moet alle sigbare tekens van versekerde skade aan die oeste soos volg rapporteer:

  • Hael-, brand-, ryp- of sprinkaanskade moet binne drie dae na die voorkoms van die skade gerapporteer word.
  • Transitoskade moet binne 24 uur na die voorkoms van die skade gerapporteer word.

Let wel: sommige taksasies kan uitgestel word alvorens die skade bepaal word sodat die impak van die skade beter waargeneem kan word.

By Certisure is jy verseker van persoonlike diens deur betroubare, geloofwaardige en kundige personeel. Indien jy oesversekering wil uitneem of meer wil weet kontak gerus vir Rika op 056 515 2181 of vir Elsie op 056 515 2412. Besoek ook ons webblad vir die volledige lys van oesversekeringmakelaars hier.






Related Articles

Change Language

Afrikaans
CertiSure Brokers © 2024 All Rights Reserved.
Authorised Financial Services Provider.
Tel: +27 18 464 7494 | [email protected]