Personal insurance
Agricultural insurance
Commercial insurance
Financial planning
Crop insurance
Medical insurance
Funeral policie
Travel insurance

Pasop vir vloede maan landbouweerkundige

  • 28 November 2022
  • 362
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



  • Volgens Van den Berg sal die verwagte neerslae hoofsaaklik in die opvanggebied van die Vaaldam, maar ook tot ‘n mindere mate in die opvanggebied van die Gariepdam voorkom. Hy meen dat hierdie reën omtrent alles as afloopwater beskikbaar sal wees, wat grootskaalse vloede kan veroorsaak met die huidige stand van riviere en damme.

    Kort tot mediumtermynvoorspellings dui ook op verdere reën in die tweede en derde week van Desember oor die oostelike helfte van Suid-Afrika, wat veral die Vaalrivier se opvanggebied insluit.

    Wat beteken dié voorspelling vir planttyd?

    Die reënseisoen het einde Oktober begin en talle somergraanboere in die oostelike dele van Suid-Afrika kan nie vroeg of betyds begin plant nie. Reën wat sedertdien gereeld en plek-plek in groot hoeveelhede geval het, het die plantproses vertraag, met die optimale planttyd in Mpumalanga en die Oos-Vrystaat wat uitloop.

    Van den Berg is van mening dat die vooruitsig van verdere reën in ten minste die volgende twee tot drie weke, moontlik kan veroorsaak dat groot oppervlaktes nie beplant gaan word nie, óf so laat beplant gaan word dat opbrengste wesenlik laer gaan wees en insetkoste moontlik nie ten volle verhaal sal word nie.

    “Indien klinies na die huidige toestande gekyk word, sou dit die beste wees om nie te plant in gebiede waar planttyd verstreke is nie. Uit ʼn finansiële oogpunt kan dit katastrofies wees. Die alternatief is om waar enigsins moontlik, wel te plant met die risiko van te min hitte-eenhede en versuiptoestande wat ook katastrofies kan wees,” verduidelik Van den Berg.

    Volgens Van den Berg lyk toestande beter in die westelike produksiegebiede, hoewel daar ook al kolle is wat so nat is dat aanplantings nie gedoen sal kan word voor einde Desember, wanneer planttyd vir mielies in dié gebiede verstreke is nie. Die aanplant van sonneblomme kan in Januarie oorweeg word, hoewel produsente die risiko van siektedruk op sonneblom in ag moet neem wanneer hulle hieroor besluit. 






Related Articles

Change Language

Afrikaans
CertiSure Brokers © 2024 All Rights Reserved.
Authorised Financial Services Provider.
Tel: +27 18 464 7494 | [email protected]